Die sitkamer is ruim en gemaklik met TV, Dstv, Mini Hi-Fi, koffietafel en natuurlik ook 'n uitsig oor die see.

Geniet 'n maaltyd saam met die familie om die eet tafel.

Die tradisionele kombuis is toegerus met 'n oond & stoof, mikrogolfoond, yskas/vrieskas, wasmasjien, skottelgoed wasser, tuimeldroër, ketel, strykyster, broodrooster en eetgerei vir ses mense.

Die Woonstel Spog met 'n asemrowende see uitsig en 'n grasperk aan die see front waar gaste hulself kan vermaak met 'n braai of net dolfyne kyk.



Die hoof Slaapkamer het 'n dubbelbed en spog ook met 'n see uitsig. Die kamer het ook sy eie klein badkamer met stort en toilet, binne in 'n kas weg gesteek.

Die tweede slaapkamer het 2 enkel beddens en meer as genoeg pak plek vir daardie lang vakansie wegbreek.

Kliek hier vir n kaart om by Bayview uit te kom!

Backpackers Akkommodasie
Die kamer met n buite toilet is ideaal vir die Backpacker generasie om n bietjie te ontspan en te rus.