Stylvol gemeubileerd met 2 slaap kamers en 'n onbelemmerde see uitsig. Ontspan op die balkon terwyl skepe verby vaar en die dolfyne baljaar, of kuier in die sitkamer wat toegerus is met TV (Dstv ingesluit) of lê terug en luister na musiek op die mini klank sisteem.


Die Dak Woonstel se moderne kombuis is ten volle toegerus met 4 plaat stoof, oond, mikrogolf, ketel, koffie/ tee geriewe en meer as genoeg werk spasie.

Die hoof slaap kamer het genoeg pak plek vir 'n lang verblyf. Daar is ook 'n Tv met Dstv in die vertrek.

Die dak woonstel se tweede slaap kamer het 2 enkel beddens met baie kas spasie vir daardie familie wegbreek. Die kamer het ook sy eie Tv (Dstv ingesluit).

Die uitsig vanaf die balkon sal so betower dat jy in die versoeking sal kom om sommer nog langer te bly.

Self vanaf die sitkamer kan 'n mens net nie die see uitsig mis nie.