Benri B&B en Selfsorg is geleë in Gonubie, 'n baie gewilde vakansie oord, aan die ooskus, ongeveer 20 km van Oos London. Die swemstrand van Gonubie is een van die min strande in SA wat die toekenning van 'n blou vlag ontvang het. Dus 'n baie skoon strand en ook baie veilig, vir veral kinders. 'n Groot aantrekkingskrag by die strand is die bekende "boardwalk" wat 'n persoon in staat stel om amper "bo op" die water te loop.
Benri B&B en Selfsorg is geleë in Oceanway, "die weg langs die oseaan". Dit is dan ook hier waar vissermanne, drawwers en stappers heerlik kan ontspan weg van die stadsgeluide.
Die gastehuis bestaan uit drie verdiepings met drie selfsorg eenhede en drie Bed en ontbyt kamers. Die boonste vlak is die dakwoning, 'n twee slaapkamer woonstel met ‘n asemrowende 270 grade see uitsig. Die Bed-en-Ontbyt kamers met see uitsig en groot balkonne is op die middelvlak. Die is twee Selfsorg eenhede sonder see uitsig is op die onderste vlak. Een daarvan is 'n enkelwoonstel en die tweede is 'n twee-vertrek woonstel met aparte slaapkamer en leef areas.
Benri se eienaars, gasheer en gasvrou Ben en Riëtte word by gestaan deur ontvangsdame Andriesa en uithaler kok Mavis wat bekend is vir haar smaaklike ontbyte. Cynthia is 'n groot hulp met die skoonmaak van die kamers en help vir Mavis met die voorbereiding van ontbyt . Enige besoeker sal vinnige en flinke diens ervaar en personeel wat daarop ingestel is om gaste te laat tuis voel. Die vele positiewe kommentare wat gelewer word deur die gaste in die gaste boek is 'n goeie bewys hiervan.
Benri bied veilige en ruim parkering, asook braai geriewe op elke vlak.Vanaf die ruim leef area op die middelvlak en ruim balkonne met wye see uitsig kan gaste rustig kuier en die mannewales van dolfyne en walvisse in die water dop hou.
ONS BIED DIE VOLGENDE:
Asemrowende see uitsig vanaf jou balkon.
Selfsorg Dak Woonstel.
3 kamers met ontbyt.
Enkel woonstel.
Selfsorg 2 Slaapkamer woonstel naby die hoof-strand.
Alle akkommodasie sluit T.V met Dstv in.
Veilige Parkering agter toe sluit motor hekke.
Kontinentale ontbyt asook vol engelse ontbyt op aanvraag.
Besoek gerus die webtuiste vir meer afrikaanse web bestemmings